Meraai se mengelmoes

Posted on by Chantel Louskitt

Ja wel,dis sekerlik nie om dowe neute dat die mense van die kontrei so mal is oor hul dorp en omgewing en graag praat van hul Hemel op Aarde nie…

Vir die volgende weke gaan ek poog om hierdie wêreld deur my kameralens en oë aan julle bekend te stel…of dalk in jul kele af te druk….

1446898940924     1444842833086

Immers asem ons altyd skoon,helder,vogtige, suurstofgelaaide lug in…!!

Somertyd waai die berugte suidooster, of kortom die sedoos, van tyd tot tyd die vakansiegangers se hare lekker deurmekaar, maar bring dan gewoonlik na so drie dae se bedrywig wees  welkome reën vir die binneland. Ongelukkig is dieselfde sedoos ook geneig om koue seestrome na ons baai en strande te stuur, maar gelukkig is daar altyd milde sonskyn en baie strandpret om te geniet.

 

1444842836342      1456904973020    1466413780903

Wintertyd is al wat lewe blootgestel aan veral die kaapse winterreënwind, die noordwester, wat soms stormsterk ‘n hond uit n bos uit waai, en dan natuurlik broodnodige, deurdringende reën oral laat uitsak. Dis ook dán  wanneer al wat leef vuur aansteek  en ‘n glasie goue hanepoot of aardse rooiwyntjie voor die kaggel geniet.

Af en toe word ons deur aflandige winde, of te wel ‘n bergwind verras, en wat temperature maklik die hoogte laat inskiet, maar dit waai gewoonlik net vir ‘n dag of twee.

Voeg dan ook hierby die feit dat hier geen industrieë of fabrieke is wat lugbesoedeling veroorsaak nie….

maar hoe dit dan ookal sy…of watter wind besluit om die dag te waai, of nie waai nie….die lug wat ons hier inasem is altyd helderskoon, vogtig en suurstofgelaai!!

Related Images:

This entry was posted in General News, Things To Do and tagged , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>