Seisoene

Posted on by Chantel Louskitt

IMG-20160826-WA0001[1] IMG-20160826-WA0002[1] IMG-20160826-WA0003[1]

Somertyd begin gewoonlik stiptelik op 1 Desember, lang sonnige dae met die son wat midsomer reeds net voor 05:30 sy gesig wys en terselfde tyd eers 20:10 se koers weer agter die see of berge, afhangend van waar jy kyk, verdwyn.

Somerhitte bereik sy piek gedurende Februarie met ideale swemdae en louwarm aande vir buite kuier en braai, en asemrowende sonsondergange.  Maart lui dan daardie perfekte na somersdae in wanneer almal n slag met die weer en klimaat tevrede is – nie te warm nie en nie te koud nie.  Dit duur tot so by Meimaand, wanneer blare begin verkleur om prentjies van geel, goud, oranje en bruin bome en wingerde te skilder.

 

IMG-20160826-WA0004[1] IMG-20160826-WA0005[1] IMG-20160826-WA0006[1]

Dis dan ook die tyd wanneer die winter met mag en mening met stormwinde en reën toeslaan en die mense vinnig na kaggelvuur en rooiwyn laat gryp.

In daardie maande maak Hermanus se geliefde Noordkapper Walvisse dan ook weer uiteindelik hul opwagting om hier te kom paar en later weer te kom kalf.

Omdat die n wintereën streek is, is die wereld pragtig groen terwyl n verskeidenheid soorte alwyne oraloor met blertse knalrooi en oranje blomme spog.

En dan bars die lente oop in uitspattige kleur en blomme landskappe, songeel bitoubosse, swerms oranje kraanvoëlblomme, wit varkore, pragtige pienk sewejaartjies en proteas, en alle geel , oranje en rooi skakerings speldekussings, terwyl die heuwels oortrek le met die goud geel kanolalande – n welkmoe fees vir die oog…!

Die Overstrand is geseën met n matige klimaat as gevolg van die twee oseane, die Indiese en Atlantiese wat in die omgewing bymekaar kom, het die wereld n unieke weerstelsel wat bestaan uit winterreën, asook mindere reën dwarsdeur die jaar.

Somerstemperatuur styg selde oor 33C, terwyl minimum in die winter nie sommer onder 3C daal nie.

Hermanus word gewoonlik so een of twee keer per jaar met donderweer en weerlig bederf.  Tydens volmaan en donkermaan is dit springgety, waartydens laagwater besonder laag en hoogwater gevaarlik hoog kan raak.

Kortom…Hermanus is steeds hemel op aarde.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>