Brande

Posted on by Chantel Louskitt

Almal juig met die aanbreek van die somer en vakansietyd, toeriste storm na Hermanus en die ander kusdorpe om alles te geniet wat die kontrei hulle bied . . . strande, see, son, berge, fynbos, kos en wyn . . . rondloop, snuffel, leeglê en kuiers te kies en te keur . . . maar . . .

Ongelukkig is daar een ding wat ‘n baie groot gevaar vir mens, plant en dier inhou . . . brande . . . huise . . . Hermanus het baie grasdakke, veldbrande, bosbrande, bergbrande . . .

Daarom word elke inwoner, vakansieganger, almal wat in die omgewing beweeg versoek om baie versigtig en bedagsaam met vuur om te gaan . . .

  • Wees bedag rondom braaivleisvure, veral as die wind sterk waai, een wegwaai kooltjie kan ‘n grasdak vlam laat vat
  • Maak seker dat enige vuur behoorlik geblus is
  • Moenie vuurhoutjies en sigaretstompies rondgooi nie
  • Selfs glasbottels wat in die son lê kan ‘n brand laat ontvlam . . . waak teen rommelstrooi
  • Hou vuurhoutjies weg van klein kindertjies

Geniet ‘n brandvrye Hermanus.

b2      b3    b4

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>