Hermanus Cliff Path

Posted on by Chantel Louskitt

Hetsy ‘n fiksheids fanatikus, die baas van ‘n hond wat vir ‘n uitstappie geneem moet word of sommer net ‘n natuurliefhebber . . . Hermanus bied vir jou staproete om oor te droom!

Vanaf die nuwe hawe, deur Westcliff, verby DreunKrans, al op die roste langs loop die baie toeganklike kuspaadjie ook verby Fick se Poel. Verby gastehuise, plate kappertjies en vygies, Jenny’s Cottage tot in die middedorp neem die gerielike kuspaadjie die stappers.

Deur die dorp, verby Gering Punt met sy pragtige kunswerke, wêreldklas restaurante waar daar altyd dorstiges of smulpape sit en kuier, Kronkel die pad . . . nog vêr van die eindpunt . . .

Die volgende stuk pad neem jo verby die historiese OuHawe met veelkleurige vissers skuite  , vlammende rooi alwyne en die Marine Hotel se getypoel, waar die ouer garde gereeld vroeg soggens lyf natmaak.

Vir kilometers slinger hierdie goed instand gehoude wandelpad, deur fynbos, oor houtbruggies, altyd met vars seelug in jou longe.

Interessante name duik oral op . . .Tamatiebank, Roman Rock, Kraal Rock, Die Gang, Platbank, Sieverspunt, en langs hierdie stuk Kuslyn die see wat altyd bedrywig is, groot deinings en branders wat donderend teen die rots slaan, ruwe see op sy beste . . . vandaar dan ook die eerste sandstrandjie, Kwaaiwater se naam, waar daar byna altyd vissermanne staan met lang lyne in die viswaters, en die Mosselrivier die see in mond.

Vandaar kronkel die paadjie op en af deur skilderagtige plekke, verby plate aronskelke, onder ‘n sambreel van Melkhoutbome deur, Langbaai, Platbank en Kammabaai, waar ook oral parkering is.

En dit alles terwyl daar altyd ‘n asemrowende uitsig oor die see is, selfs vir die gelukkiges ‘n walvis of ses, was soms met ‘n boog uit die water spring, of ‘n skool dolfyne wat uitgelate in die branders baljaar!

Verby ‘n gewilde swemstrand Voëlklip loop ldie paadjie steeds, om uiteindelik, ongeveer 11km verder te eindig op die wit, wye Grottostrand, waar vakansiegangers graag uitspan en Hermanus se somers, son en see terdeë geniet.

1466413780903          1444842836342            img-20161007-wa0004

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>