Volmaan

Posted on by Chantel Louskitt

Omdat Hermanus so knus tussen die bege en die see geleë is, en die see ‘n groot ronde baai vorm, is dit moontlik om die son en maan uit verskillende rigtings te sien opkom, sowel as ondergaan, belewenisse wat lewenslank in iemand se geheue kan bly.

img-20161111-wa0010  img-20161111-wa0008

Op 14 November 2016 vind ‘n baie seldsame gebeurtenis plaas wanneer die volmaan die grootste die afgelope 70 jaar sal wees. Die supermaan sal die naaste aan die aarde wees sedert 1948, waarna die volgende verskyning eers weer in 2034 sal plaasvind. Daar word bereken dat hierdie supermaan 14% groter en 30% helderder as ‘n gemiddelde volmaan sal wees.

Die foto’s op vandag se blog is in Hermanus geneem, die volmaan van Oktober 2015, waar die besonderse maan oor Maanskynkop in Voëlklip opkom, en sy ligstrale oor die see in Walkerbaai gooi . . . opsigself ‘n een in ‘n leeftyd ondervinding.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>